Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

Municipality announces GO GEORGE tariff increase

Municipality announces GO GEORGE tariff increase

The George Municipality has announced the annual increase in the GO GEORGE bus fares from 1 July 2021. The increase forms part of the annual municipal tariff adjustments.

Bundles still the best buy
Smart Card trips bought in bundles of 10 or more will increase by only 50c per trip to R10.50 and bundles of less than 10 trips will cost R11.50 per trip (also a 50c increase). The price of single trips increases with R2 to R14. The bundles of 10 trips and more remain the best buy and can save a passenger who travels to work or school and back home five days per week, R110 per month in travel expense, compared to single trips loaded on the card.

Free trips for first-time card buyers
The cost of the Smart Card is R25, with first-time buyers getting two free, preloaded trips when they present a valid form of identification.

Trips loaded on a Smart Card never expire. This means that trips bought before the tariff increase stay valid. Passengers are welcome to buy more trips than usual before the increase to save money but are cautioned to keep their cards safe – if lost or stolen, the trips cannot be transferred to a new card.

For more information, please call the GO GEORGE Call Centre at 0800 044 044, or send an email to info@gogeorge.org.za.
CAPTION:
To stay in line with Covid safety measures, passengers are advised to top up their Smart Cards when kiosks and vendors are not too busy, to avoid long queues and crowding.

Munisipaliteit kondig GO GEORGE-tariefverhoging aan

Die George-munisipaliteit het die jaarlikse verhoging van die GO GEORGE-bustariewe vanaf 1 Julie 2021 bekendgemaak. Hierdie verhoging is deel van die jaarlikse munisipale tariefaanpassings.
Bondels steeds die beste koop
Slimkaartritte wat in bondels van 10 of meer gekoop word sal met slegs 50c per rit verhoog na R10.50 en bondels van minder as 10 ritte sal R11.50 per rit kos (ook ’n 50c-verhoging). Die prys van enkelritte verhoog met R2 na R14. Die bondels van 10 ritte en meer bly die beste koop en kan ’n passasier wat vyf dae per week werk of skool toe en terug huis toe ry, R110 per maand in vervoeruitgawes spaar, vergeleke met enkelritte wat op die kaart gelaai word.
Gratis ritte vir eerstekaartkopers
Die prys van die Slimkaart is R25 met kopers van hul eerste kaart wat twee gratis, voorafgelaaide ritte op die kaart kry indien hulle ‘n geldige bewys van identiteit toon.

Ritte wat op die Slimkaart gelaai is, verval nooit nie. Dit beteken dat ritte wat voor die tariefverhoging gekoop is geldig bly. Passasiers is welkom om voor die verhoging meer ritte as gewoonlik te koop om geld te spaar, maar word gemaan om hul kaarte veilig te hou – indien dit wegraak of gesteel word, kan die ritte nie op ’n nuwe kaart oorgedra word nie.

Vir meer inligting, skakel gerus die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044, of stuur ’n e-pos na info@gogeorge.org.za.
ONDERSKRIF:
Om aan te sluit by Covid-veiligheidsmaatreëls word passasiers aangeraai om hul Slimkaarte te herlaai op tye wanneer die kiosks en herlaaipunte nie te besig is nie. Sodoende kan hulle lang rye en samedromming van mense vermy.