Thu
Thu
Thu
Thu

George

Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Wilderness

Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Uniondale

Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Haarlem

Thursday°C

Important numbers

Electricity044 874 3917
Water / Sanitation044 801 9262/9266
Fire 044 801 6311
Refuse Removal044 802 2900
Traffic / Licence044 878 2400 / 044 801 9315
Law Enforcement044 801 6350
GO GEORGE Call Centre0800 044 044
George Municipality Switchboard044 801 9111
Hide -
Published: 12 Aug 2019Title: CONTROLLED FIRES PLANNED DENNEOORD AND GARDEN ROUTE DAM NEXT TWO WEEKS Status: George Municipality Fire Department will be conducting controlled burns above Denneoord and around the Garden Route Dam as part of fuel reduction and veld fire management activities in August. Burns are weather and wind direction dependent, and therefor no specific dates are available.
Published: 07 Aug 2019Title: WATER UPDATE: 7 AUGUST 2019Status: Garden Route Dam Level: 72.31% Please note the dam level is currently being managed to facilitate construction to raise the spillway of the Garden Route Dam. Once completed, the heightened dam wall will increase its storage capacity by 25%. Construction is expected to be completed next year.
2
Home 2Contact usShow

Weather

George
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Weather

Wilderness
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Weather

Uniondale
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Weather

Haarlem
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Important numbers

Electricity 044 874 3917
Water / Sanitation 044 801 9262/9266
Fire 044 801 6311
Refuse Removal 044 802 2900
Traffic / Licence 044 878 2400 / 044 801 9315
Law Enforcement 044 801 6350
GO GEORGE Call Centre 0800 044 044
George Municipality Switchboard 044 801 9111
18 July 2018

Munisipale crèches kry jaarlikse befondsing van Munisipaliteit

George Munisipaliteit maak jaarliks befondsing beskikbaar  om goedere vir munisipale kleuterskole aan te koop as deel van die owerheid se verantwoordelikheid ten opsigte van vroeë kinderontwikkeling.

Die goedere word aangekoop na 'n behoefte-bepaling by elke kleuterskool.

 

Sommige van die kleuterskole is gevestig in baie arm gebiede waar werkloosheid hoogty vier.  Die Raad probeer om die kleuterskole daardie ekstra hupstoot te gee deur die skenking van hierdie goedere.

Rdh. Melvin Naik, uitvoerende burgemeester van George, het in sy toespraak gesê hy is bevoorreg om die onderwysers en kinders by die geleentheid te verwelkom. “Ek is die burgemeester van George maar ek is ook ‘n dienaar van die mense,” het die burgemeester gesê.

Die burgemeester het verder klem gelê op die taak wat onderwysers het. Hy het gesê onderwysers het ‘n roeping om kinders, veral op so jong ouderdom, reg op te voed en die regte dinge te leer. “Kinders volg in die stadium van hull ewe. Wees versigtig wat julle hulle leer. Onthou jy weet nie met wie jy te doen het nie, dit mag dalk die volgende president, pastoor, koning of sielkundige wees. Soos jy die beste van God wil hê, gee die kinders ook julle beste,” het Rdh. Naik gesê.

Hy het ook die onderwysers bedank vir hul diens aan die gemeenskap.

Rdsl Sean Snyman, Portefeuljeraadslid vir Maatskaplike Ontwikkeling, het in sy toepsraak gesê voorskoolse onderrig  is uiters belangrik vir die kind se ontwikkeling. Hy het gesê die donasie is dalk nie so groot as wat die munisipaliteit wou gee nie, maar dit wys ons getrouheid om die kinders te help in hul vroeë jare van ontwikkeling. “Ons as gemeenskap het ‘n verantwoordelikheid om ons kinders te ontwikkel en hulle voor te berei vir ‘n veranderde wêreld,” het Snyman gesê.

Die crèches wat by die oorhandiging in die George Burgersentrum  was, is Golden Valley, Illingelethu, Isiseko Educare, Kekkel en Kraai crèche, Kleinkrantz crèche, Klouter Kabouter crèche, Kwakhanya crèche, Lawaaikamp crèche, Masibambane crèche,  Masizakhe crèche, Mzomhle crèche, Nompumelelo crèche, Nonzame Playgroup, Pophuis Voorskoolse Sentrum, Rooibooitjie Kleuterskool, Rosedale Educare, Sandanezwe Educare, Siembamba Speelgroep,  Siyazama crèche, Sonneblomland crèche, Zamuxolo crèche, Rosedale Nursery,  Lubabalo Educare Centre, Sonneblom crèche en Diepkloof crèche.

Foto: Rdh. Melvin Naik, uitvoerende burgemeester van George met nog amptenare het goedere aan die Kleinkrantz crèche oorhandig.

Last published 18 July 2018