Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

Publieke Kennisgewing: Hoë Watergebruik – Haarlem

Uitgereik deur George Munisipaliteit, op 05 Januarie 2026
Inwoners van Haarlem word hiermee ingelig dat, ondanks ’n vorige kennisgewing oor die hoë waterverbruik in die area, die situasie steeds onveranderd bly en die wateraanvraag krities hoog is.
Om die geraakte areas te ondersteun, is water tenke na verskeie plekke ontplooi. Hierdie maatreël bied egter slegs tydelike verligting, en dit bly noodsaaklik dat alle inwoners water verantwoordelik gebruik om ’n billike en voldoende voorsiening vir almal te verseker.
Alle huishoudings en besighede word dringend versoek om:
• Watergebruik tot noodsaaklike behoeftes te beperk
• Aktiwiteite soos motorwas, tuin natmaak en onnodige waterverbruik te vermy
U samewerking is van kardinale belang gedurende hierdie tydperk.
Die situasie sal deurlopend gemonitor word, en verdere opdaterings sal verskaf word soos nodig.