Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

George Outeniqua Marathon 2025 tjekoorhandiging

Die gewilde George Outeniqua Marathon, aangebied met die ondersteuning van George Munisipaliteit, Universal Kitchens en verskeie ander rolspelers, vind vanjaar weer plaas op Saterdag, 26 April 2025.

Sakkie Stoffberg en Duppie du Preez van die Outeniqua Harriers Multi Sportklub het ‘n tjek van R50 000 ontvang vanuit die George Munisipaliteit se 2024/25 Event Support-begroting. Die fondse sal gebruik word vir die aanbieding van hierdie jaar se marathon.

Die wedloop sluit vier afstande in:
• 42,2 km: Begin by Cornerstone Blanco
• 21,1 km: Begin by die Tuinroetedam
• 10 km en 5 km pretloop: Begin by die Wilderness Commonage
Al die wedlope eindig by die Wilderness Commonage.
Inskrywings is aanlyn beskikbaar tot Dinsdag, 22 April 2025 by entryinja.com en kan ook by verskeie sportwinkels in George gedoen word. Laat inskrywings en registrasies sal plaasvind op Vrydag, 25 April 2025, tussen 16:00 en 21:00 by Cornerstone Blanco.
Navrae: Kontak Esmé Boshoff by 084 499 7753.

Foto: By die oorhandiging van die tjek van R50 000 vir die George Outeniqua Marathon uit die 2024/25 Event Support-begroting is van links, Rdl. Melvin Roelfse, Burgemeesterskomiteelid vir Sport, Duppie du Preez en Sakkie Stoffberg van Outeniqua Harriers Multi Sportklub neem die tjek in ontvangs en by hull is Rdd. Jackie von Brandis, Uitvoerende Burgemeester van George en Rdd Iona Kritzinger, Burgemeesterskomiteelid vir Finansies.