Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

MEDIA STATEMENT: Executive Mayor Clarifies Council’s Position on Pending Court Proceedings Relating to Municipal Manager

Issued by George Municipality, on behalf of the Office of the Executive Mayor, 27 February 2026

The Executive Mayor, on behalf of Council, would like to clarify the George Municipality’s position following recent misleading and inaccurate public statements and comments about the court case concerning the Municipal Manager.

For the sake of accuracy, at this stage, the Court has not made any ruling on the case or on legal costs. These matters will be decided when the case is heard on the scheduled dates. The matter is accordingly sub judice which means that because the matter is currently before the Court, the Municipality cannot comment further on the details.

Council also reminds all Councillors to follow the Code of Conduct and to communicate responsibly. We call on both Councillors and members of the public to avoid sharing incorrect or misleading information, and to allow the legal process to run its course without interference. George Municipality remains committed to the rule of law and will respect and abide by the Court’s final decision.


MEDIAVERKLARING: Uitvoerende Burgemeester Verduidelik Raad se Standpunt oor Hangende Hofverrigtinge met betrekking tot die Munisipale Bestuurder

Uitgereik deur die George Munisipaliteit, namens die Kantoor van die Uitvoerende Burgemeester, 27 Februarie 2026

Die Uitvoerende Burgemeester, namens die Raad, wil graag die George Munisipaliteit se standpunt verduidelik na aanleiding van onlangse misleidende en onakkurate openbare verklarings en kommentaar oor die hofsaak rakende die Munisipale Bestuurder.

Ter wille van akkuraatheid het die Hof op hierdie stadium geen uitspraak oor die saak of oor regskoste gelewer nie. Hierdie sake sal beslis word wanneer die hofsaak op die geskeduleerde datums aangehoor word. Die saak is gevolglik sub judice, wat beteken dat aangesien die saak tans voor die Hof dien, die Munisipaliteit nie verder kommentaar oor die besonderhede kan lewer nie.

Die Raad herinner ook alle Raadslede om die Gedragskode te volg en verantwoordelik te kommunikeer. Ons doen ’n beroep op Raadslede en lede van die publiek om te verhoed dat verkeerde of misleidende inligting gedeel word, en om die regsproses sonder inmenging te laat verloop. George Munisipaliteit bly verbind tot die oppergesag van die reg en sal die Hof se finale beslissing respekteer en nakom.