Haarlem openbare deelnamevergadering geskeduleer vir vanaand 10 Maart is GEKANSELLEER

Elektrisiteit Koste-van-Verskaffing Studie en Voorgestelde Elektrisiteitstariefstrukture 2026–2027
Uitgereik deur George Munisipaliteit, 10 Maart 2026
George Munisipaliteit wil inwoners in kennis stel dat die openbare deelnamevergadering wat in Haarlem geskeduleer was rakende die Elektrisiteit Koste-van-Verskaffing studie en voorgestelde elektrisiteitstariefstrukture vir die 2026-2027 finansiële jaar, gekanselleer is. Die rede hiervoor is dat die Haarlem-gebied van elektrisiteit deur Eskom voorsien word en nie deur George Munisipaliteit nie, en die voorgestelde munisipale elektrisiteitstariefstrukture dus nie op hierdie gebied van toepassing is nie.
Inwoners van Haarlem word bedank vir hul begrip.