Die Die instandhoudingspan is tans besig by die Haarlem-reservoir om ‘n bruinwaterprobleem aan te spreek wat oornag ontstaan het.
Volgens ons Siviele Ingenieursdienste word die stelsel vanoggend gespoel. Verbruikers mag deur die loop van die dag laer waterdruk ondervind. Die Siviele Ingenieursdienste beveel aan dat inwoners vandag liewer nie die bruin water vir drinkdoeleindes gebruik nie, hoewel dit veilig is vir ander gebruike.
Verbruikers in Haarlem (met uitsluiting van Proteaville) mag bruin water in die stelsel opmerk. ’n Watertrok is ontplooi om drinkwater aan die geaffekteerde gebied te voorsien. Sodra die probleem opgelos is, sal die waternetwerk gespoel word om van die bruin water ontslae te raak.
Ons versoek verbruikers om water spaarsamig te gebruik en vra om verskoning vir enige ongerief terwyl ons die probleem oplos.
________________________________________
Discolored Water in Haarlem
Issued by George Municipality – 19 March 2025 at 06:20
The maintenance team is currently working at the Haarlem reservoir to address a discolored water issue that developed overnight.
According to our Civil Engineering Services, the system will be flushed this morning. Consumers may experience low water pressure throughout the day. The Civil Engineering Services department recommends that residents avoid using the discolored water for drinking purposes today, although it remains safe for other uses.
Consumers in Haarlem (excluding Proteaville) may notice discolored water in the system. A water truck has been deployed to provide drinking water to affected areas. Once the issue has been resolved, the water network will be flushed to remove any remaining discoloration.
We urge consumers to use water sparingly and apologise for any inconvenience while we resolve the issue.