Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

GO GEORGE Smart Card top-ups temporarily available at municipal cashier counters

The GO GEORGE Smart Card kiosk next to the Civic Centre in York Street was closed at the end of February due to the building having changed owners and the rental agreement for the premises not being renewed.

The top-up and enquiry services previously provided at this kiosk have temporarily moved to the ground floor of the main George municipal building while more permanent facilities are being prepared. Passengers will have easy access to the dedicated GO GEORGE counter (counter 5) in the finance hall during business hours, 08:00 – 15:30 on weekdays.

Outside of business hours and on Saturday mornings, kiosk services will be provided at a mobile Smart Card kiosk parked in front of the old kiosk premises in York Street. This will be from 06:00 – 08:00 and from 16:00 – 19:00 on weekdays, and Saturdays from 06:00 – 12:00. Since the demand for service in this area has proved to be very low on Saturday afternoons and on Sundays, the mobile kiosk will not be deployed to this venue at these times.

GO GEORGE is working very hard towards establishing convenient kiosk facilities close to the old venue in order to minimise disruption and inconvenience to passengers.Wayfinding signage is in place on the pedestrian route from the old kiosk to the municipal building, but anyone feeling uncertain about how to get to the temporary facility can phone the GO GEORGE Call Centre on 0800 044 044.


CAPTIONS: The dedicated GO GEORGE counter in the municipality’s finance hall is manned by GO GEORGE cashiers who know the process and protocol.
A Smart Card mobile kiosk parked in front of the old kiosk premises in York Street outside of municipal office hours serve passengers from 06:00 until 08:00, and from 16:00 until 19:00 on weekdays and on Saturday mornings.

GO GEORGE Slimkaartdienste tydelik beskikbaar by munisipale kassieretoonbanke

7 Maart 2022


Die GO GEORGE Slimkaartkiosk langs die Burgersentrum in Yorkstraat is einde Februarie gesluit omdat die gebou van eienaar verwissel het en die huurooreenkoms vir die perseel nie hernu is nie. Die herlaai van ritte en navraagdienste wat voorheen by hierdie kiosk verskaf is, het tydelik na die grondvloer van die hoofgebou van die George-munisipaliteit verskuif terwyl meer permanente fasiliteite voorberei word.

Passasiers sal gedurende werksure, 08:00 – 15:30 op weeksdae maklike toegang tot die toegewese GO GEORGE-toonbank (toonbank 5) in die finansiële saal hê. Buite besigheidsure en op Saterdagoggende sal kioskdienste verskaf word by ‘n mobiele Slimkaartkiosk wat voor die ou kioskperseel in Yorkstraat parkeer.

Dit sal van 06:00 – 08:00 en van 16:00 tot 19:00 op weeksdae en Saterdae van 06:00 tot 12:00 wees. Aangesien die vraag na diens in hierdie gebied Saterdagmiddae en op Sondae baie laag was, sal die mobiele kiosk nie op hierdie tye na die perseel ontplooi word nie. GO GEORGE werk baie hard daaraan om gerieflike kioskfasiliteite naby die ou lokaal te vestig om ontwrigting en ongerief vir passasiers te verminder.Padaanwysings is in plek op die voetgangerroete van die ou kiosk na die munisipale gebou, maar enigiemand wat onseker voel oor hoe om by die tydelike fasiliteit uit te kom, kan die GO GEORGE-inbelsentrum by 0800 044 044 skakel.


BYSKRIFTE: Die toegewese GO GEORGE-toonbank in die munisipaliteit se finansiële saal word beman deur GO GEORGE-kassiere wat die proses en protokol ken.
‘n Mobiele Slimkaartkiosk wat buite munisipale kantoorure voor die ou kioskperseel in Yorkstraat parkeer, bedien passasiers van 06:00 tot 08:00, en van 16:00 tot 19:00 op weeksdae en op Saterdagoggende.