Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

MASKS NO LONGER COMPULSORY ON GO GEORGE BUSES

MASKS NO LONGER COMPULSORY ON GO GEORGE BUSES

Issued 27 June 2022

 

Following the repeal of all Covid regulations by Government, GO GEORGE has announced that mask-wearing is no longer compulsory on-board buses for either passengers or bus drivers, but that anyone is still welcome to wear a mask if preferred.

Hand sanitiser on board busses and at the GO GEORGE kiosks will still be available in the short term but will also be phased out. However, sanitising of buses will still continue until further notice.

James Robb, GO GEORGE Manager, thanked passengers and staff for their vigilance and cooperation during the pandemic and strict regulations imposed to protect the public from Covid infection. “Losing loved ones, working under strenuous, dangerous and very abnormal circumstances, this was a life-changing and extremely difficult time for all of us – from passengers to staff to management, and looking back, we applaud every single person who made the mind shift and every staff member and role-player in the operations of the bus service who walked the extra mile.”

Robb said all signage and messaging containing reference to Covid regulations at facilities and on the buses will be replaced in due course. “This is wide-spread and will take some time to complete but will have no bearing on the required behaviour of persons using the bus service. At the same time, though, we want to encourage passengers to stay vigilant and take responsibility for their own health – the virus has not left the country.”

CAPTION:

Covid safety regulations such as depicted on this bus shelter will systematically be replaced with other operational information for passengers’ use.

 

 

MASKERS NIE MEER VERPLIGTEND OP GO GEORGE-BUSSE NIE

Uitgereik 27 Junie 2022

 

Na aanleiding van die herroeping van alle Covid-regulasies deur die regering, het GO GEORGE aangekondig dat die dra van maskers nie meer verpligtend is vir passasiers of busbestuurders op busse nie, maar dat enigiemand steeds welkom is om ‘n masker te dra indien verkies.

Handontsmettingsmiddel sal steeds vir ’n kort rukkie op busse en by die GO GEORGE-kiosks beskikbaar wees, maar sal ook uitgefaseer word. Die ontsmetting van busse sal egter voortgaan tot verdere kennisgewing.

James Robb, GO GEORGE-bestuurder, het passasiers en personeel bedank vir hul waaksaamheid en samewerking tydens die pandemie en streng regulasies wat ingestel is om die publiek teen Covid-infeksie te beskerm. “Die verlies van geliefdes, strawwe, gevaarlike en uiters abnormale werksomstandighede – dit alles het bygedra tot ‘n lewensveranderende en baie moeilike tyd vir ons almal, van passasiers tot personeel tot bestuur, en as ons terugkyk, loof ons elke persoon wat die kopskuif gemaak het, en elke personeellid en rolspeler in die bedryf van die busdiens wat die ekstra myl geloop het.”

Robb sê alle aanwysings en boodskappe wat verwys na Covid-regulasies by fasiliteite en op die busse sal mettertyd vervang word. “Dit is wyd verspreid en sal ‘n geruime tyd neem om af te handel, maar sal geen invloed hê op die verwagte gedrag van persone wat die busdiens gebruik nie. Ons moedig passasiers egter aan om versigtig te bly en verantwoordelikheid vir hul eie gesondheid te neem – die virus het nie die land verlaat nie.”

ONDERSKRIF:

Covid-veiligheidsmaatreëls soos hier uitgebeeld op die busskuiling sal stelselmatig vervang word met bedryfsinligting vir passasiers se gebruik.