Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

Mayoral letter 5 – March 2021

Daar word tans heelwat aandag aan die moeilike tye wat munisipaliteite ervaar in die media gegee. Ek wil graag George se prentjie in die lig hiervan skilder.

 

Dit word genoem dat indien munisipaliteite sou misluk, dit dan bydra tot die agteruitgang van die land se ekonomie. Baie munisipaitieite buite die Metros en die sekondêre stede sukkel met effektiewe bestuur van die dienslewering wat verskaf moet word. Hulle sukkel om betroubare water, riool-dienste en elektrisiteit te voorsien en betalings vir dienste gelewer in te vorder. Dikwels is hierdie probleme as gevolg van swak bestuur en oorsig deur die stadsrade.

 

In George is ons tans hard besig met regstellende aksies om te verseker dat dienslewering van hoë gehalte gelewer word. Daar word tans na die versterking van bestuur gekyk asook om toe te sien dat begrotings spandeer word om infrastruktuur te onderhou, te herbou en uit te brei om ekonomiese aktiwiteite te bevorder. Daar word gevolglik klem gesit om ‘n omgewing te skep wat sake sal vergemaklik en beleggers lok om die plaaslike en streeks- ekonomieë te laat uitbrei en werksgeleenthede sal skep.

 

George is in die gelukkige posisie dat die munisipalitieit een van die 19 “sekondêre stede” in die land is terwyl daar ook die 8 “Metros” bestaan. Ons word dus met Drakenstein en Stellenbosch in die WesKaap vergelyk asook Mbombela, Rustenburg, Emfuleni en Polokwane elders in the die land. Die sekondêre stede vervul dus ‘n belangrik rol om die streeks-ekonomieë te bevorder.

 

Die agt Metros het in die jaar tot 30 Junie 2020, R249bn (59%) van die totale bedryfs- en kapitaal-uitgawes vir alle munisipaliteite spandeer, terwyl die sekondere stede R49bn (12%) spandeer het. Al die ander kleiner plaaslike munisipaliteite het saam R82bn (20%)  spandeer terwyl die Distrik-munisipaliteite saam R39bn (9%) spandeer het.

 

Ons is tans ook in die proses om die begroting vir die komende 2021/22 boekjaar voor te berei. Die kern funksies van ‘n munisiplaitieit verlang dat  basiese dienste verskaf moet word: voorsiening van water, riool-dienste, elektrisiteit, vullis-verwydering en strate en stormwater. Hierdie dienste behels tans ongeveer 74% van die bedryfsuitgawes. Bykomende dienste vir ons munisipaliteit bestaan uit beplanning, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, brandweer, verkeer en wetstoepassing wat ongeveer 12% van die begroting opneem. Die administrasie insluitend afdelings wat regs-, rekenaar- en interne oudit-dienste insluit, behels ‘n verdere 8,5% van die begroting. Die oorblywende 5,5% van die begroting word gebruik om na gemeenskap en sosiale-dienste verpligtinge om te sien.

 

Daar word beplan dat die kapitaal-begroting vir die 2021/22 jaar grootliks gebruik sal word om die rioolwerke te vergroot asook om uitbreidings aan die waterwerke te loods. Hierdie beleggings in infrastruktuur word benodig om meer kapasiteit vir die groei van George te verskaf. Ons riool-pompstasies en paaie verg ook aandag.