Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

Goue gees en gesonde liggame: Bejaardes geniet Golden Games/Active Ageing Games in Pacaltsdorp

Kyk video hier: https://youtu.be/I2VbsPcT4vY

In die foto hierbo: Aan spits van sake by die plaaslike Golden Games/Active Ageing Spele in Pacaltsdorp verlede week is voor van links, Kol. Lionel Kennedy (George SAPD), Ejustley Boshoff, (Koördineerder: Geslag, Gestremdhede en Bejaardes by George Munisipaliteit), Blanche Benjamin, voorsitter van die plaaslike Ouer Persone Forum, Rdl Sean Snyman, Speaker van George Stadsraad, hoofspreker en deelnemer, Nozipho Stone van die Geslag, Gestremdhede en Bejaardes afdeling by George Munisipaliteit, Rohan Aylward van Avbob, Johannah Joshua, voorsitter van die Wes-Kaapse Ouer Persone Forum, Kapt. Malcolm Richards, stasiebevelvoerder van Pacaltsdorp polisiestasie, Brig. Belinda Pather van die SAPD en Mario Alaart van die Hoogekraal Buurtwag.

Die plaaslike forum van die Active Ageing Games, ook bekend as die Golden Games plaaslik, het verlede week weer die gees van gesondheid, gemeenskap en aktiewe ouderdom gevier tydens ’n suksesvolle sportdag wat op die Pacaltsdorp sportterrein aangebied is.

Die geleentheid, wat ongeveer 320 mense gelok het, insluitend senior burgerklubs, tegniese beamptes en koördineerders is feestelik geopen deur kapt. Malcolm Richards, stasiebevelvoerder van die Pacaltsdorp-polisiekantoor, en adv. Marilyn Oliphant, voorsitter van die plaaslike Gemeenskapspolisiëringsforum asook Johannah Joshua van die Wes-Kaapse Ouer Persone Forum. Kapt. Richards het in sy verwelkomingsboodskap beklemtoon dat die polisiekantoor se deure altyd oop is en dat gemeenskapsveiligheid ’n prioriteit bly.

Ejustley Boshoff, koördineerder vir die Geslag, Gestremdhede en Bejaardes subafdeling by die Gemeenskapsontwikkelingafdeling van die George Munisipaliteit, wat ook as hoofborg van die geleentheid opgetree het, het die waarde van fisieke aktiwiteit beklemtoon: “Om aktief te bly het groot voordele vir sowel die liggaam as die gees. Ons bejaardes sien elke jaar met groot opgewondenheid uit na hierdie geleentheid en neem met soveel entoesiasme deel.”

Die George Munisipaliteit werk nou saam met verskeie rolspelers om die jaarlikse byeenkoms moontlik te maak, insluitend plaaslike dienssentrums, die Plaaslike en Wes-Kaapse Ouer Persone Forums, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die logistieke organiseringskomitee en Avbob asook nog organisasies.
Die dag se verrigtinge is geestelik geanker deur ds. Johan Louw, wat die geleentheid met ’n skriflesing en gebed geopen het. Rdl. Sean Snyman, Speaker van die George Stadsraad, het die toeskouers toegespreek en hul bydraes tot die gemeenskap geloof. “Ek is self ’n trotse senior burger. Ons het ’n leeftyd van kennis en ervaring om met die jonger geslag te deel,” het hy gesê.

Snyman het ook aktief aan die sport deelgeneem en vertel hoe hy oor die jare van skepties oor oefening gegroei het tot iemand wat nou gereeld parkruns voltooi en selfs 21 km-hardloopwedlope aanpak. “Jy kan nie ’n voorbeeld wees as jy net aan die kantlyn staan nie,” het hy bygevoeg.
Blanche Benjamin, voorsitter van die plaaslike Ouer Persone Forum, het haar waardering uitgespreek teenoor alle vennote en ondersteuners van die dag, insluitend George Munisipaliteit, die SAPD, die Gemeenskapspolisiëringsforum, buurtwagte, die Departement van Gesondheid, Blue Ribbon, die Pacaltsdorp Sake-vereniging, tegniese beamptes en ’n nuwe klub in George, Just Breathe (wat deel vorm van Outeniqua Harriers), asook Johannah Joshua van die Wes-Kaapse Ouer Persone Forum.

Verskeie klubs en dienssentrums het deelgeneem, waaronder Sonskynhoekie (Blanco), Golden Jewels (Pacaltsdorp), Old Heroes (Herold), Top Red (Haarlem), Sunshine (Parkdene en Rosemoor Dienssentrum), CCDP (Pacaltsdorp) en Meals on Wheels.
Die sportaktiwiteite het ’n verskeidenheid veld- en baanitems ingesluit: van vinnige stap, rugbybal gooi en jukskei tot doelskiet, eendstap, bal aangee en aflos.

Altesaam 60 van die deelnemers is gekies om George te verteenwoordig tydens die streekkompetisie wat op 21 Augustus in Oudtshoorn plaasvind.
Boshoff het belangstellende bejaardes aangemoedig om by hul naaste dienssentrums aan te sluit om in aanmerking te kom vir deelname aan toekomstige geleenthede.

 

Van die eerste atlete wys hul staal in die vinnige stap afdeling.

Van die eerste atlete wys hul staal in die vinnige stap afdeling.


Die goue bejaardes wys wat steek in hulle toe hulle litte losmaak voor die veldnommers begin het.

Die goue bejaardes wys wat steek in hulle toe hulle litte losmaak voor die veldnommers begin het.

Die goue bejaardes wys wat steek in hulle toe hulle litte losmaak voor die veldnommers begin het.

Die goue bejaardes wys wat steek in hulle toe hulle litte losmaak voor die veldnommers begin het.

Die goue bejaardes wys wat steek in hulle toe hulle litte losmaak voor die veldnommers begin het.

Die goue bejaardes wys wat steek in hulle toe hulle litte losmaak voor die veldnommers begin het.

Die goue bejaardes wys wat steek in hulle toe hulle litte losmaak voor die veldnommers begin het.

Die goue bejaardes wys wat steek in hulle toe hulle litte losmaak voor die veldnommers begin het.

Christa Alaart het haar in feestelike luim by die Spele.


Wilma Lamont op haar vinnige staptog gedurende die Spele. Kapt. Malcolm Richards help met water aandra.


George Cherry stap dat die stof so staan.


Tom Willems stap dat dit klap.