Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

Kinders moet asseblief wegbly van padskraapwerk

George Munisipaliteit is tans besig met padskraap- en instandhoudingswerk in Uniondale.

Daar is opgemerk dat kinders voor en agter die padskraper hardloop terwyl dit in werking is. Dit is uiters gevaarlik en stel hul lewens in ernstige gevaar.

Ouers en voogde word dringend versoek om met hul kinders te praat en te verseker dat hulle te alle tye ‘n veilige afstand van alle padwerktoerusting hou. Alhoewel die operateur van die padskraper voortdurend waaksaam is, veroorsaak die grootte van die masjien blindekolle, wat beteken dat dit nie moontlik is om te alle tye alles rondom die voertuig te sien nie.

Die veiligheid van ons gemeenskap is ‘n gedeelde verantwoordelikheid. Help ons asseblief om ‘n tragedie te voorkom deur seker te maak dat kinders nie padwerkmasjinerie nader of agtervolg terwyl werk aan die gang is nie.

*********************************************************************

Children Asked to Keep Clear of Road Grader Operations

George Municipality is currently carrying out road scraping and maintenance work in Uniondale.

It has been observed that children are running in front of and behind the road grader while it is operating. This is extremely dangerous and places their lives at serious risk.

Parents and guardians are urgently requested to speak to their children and ensure they keep well away from all road maintenance equipment. Although the grader operator remains vigilant at all times, the size of the machine creates blind spots, making it impossible to see in every direction continuously.

The safety of our community is a shared responsibility. Please help us prevent a tragedy by ensuring children do not approach or follow road construction and maintenance vehicles while work is in progress.