GO GEORGE launches route to Uniondale and surrounds
In the photo above, the new Uniondale route will be operated with the GO GEORGE minibus.
In die foto hierbo, die nuwe Uniondale-roete sal met die GO GEORGE-minibus bedryf word.
The Western Cape Government and George Municipality have announced that GO GEORGE will launch a route to Uniondale and surrounding areas on Friday, 30 October 2026. Residents of this rural part of the George Municipality have been waiting a long time for a scheduled bus service – a need that is now being met.
George Executive Mayor, Alderman Browen Johnson, says the roll-out of the route marks an important milestone for the George Municipality. “Our communities in Uniondale, Haarlem and the surrounding rural areas have waited a long time for a service that recognises and responds to their daily realities. This route is about more than transport — it is about creating opportunities, improving access and ensuring that our rural communities feel included. This journey started with a request from the community. We listened, acted by engaging with Minister Sileku to explore a way forward, and now we are delivering through implementation. I am incredibly proud of the team whose hard work and commitment have helped make this possible.”
The service will initially run on Mondays, Wednesdays, Fridays and Saturdays. Two minibuses will depart from Uniondale and Haarlem at 06:00, transfer passengers to one bus at the T-junction and make stops at Avontuur, Noll, Eenzaamheid, Ganzekraal, Ezeljacht, Herold and Waboomskraal. The bus arrives at the George Transport Hub in the city centre at approximately 08:00. The return journey departs at 15:00 from the same point. Road construction on the N9 road may affect arrival times.
Reservations and fares
Bookings are essential and can be made by calling 074 305 4180 or sending a WhatsApp message to this number. Passengers without a booking can be accommodated if space allows, but everyone is strongly advised to book in advance to avoid disappointment – each minibus carries only 15 passengers. A small trailer will be available to accommodate limited luggage for shopping or personal items.
Fares:
George ↔ Noll: R60
Haarlem/Uniondale ↔ Noll: R60
George ↔ Uniondale/Haarlem: R110
A return trip between Uniondale and George therefore costs R220 – a significant saving for residents compared to other transport services.
Unique roll-out
According to Morné Lakay, GO GEORGE Manager, the development of the service outside the main town required careful planning. “Every aspect of such a service looks different from the standard bus service in George – from needs assessment, permission for and construction of bus stops, frequency and timetables, to a non-electronic ticketing system and cash payment during boarding. We have been back to the drawing board again and again and now feel ready and eager to get the wheels rolling,” he says.
The Western Cape Minister of Mobility, Isaac Sileku, emphasises that the route is an important step in the province’s commitment to accessible and affordable mobility. “When we expand transport to remote communities, we are not just building routes – we are building dignity. This service is proof that the Western Cape Government is listening, learning and working with communities to create practical, safe and reliable mobility, no matter where residents live.”
Information and support
GO GEORGE communication champions will visit the communities in advance to explain the service and answer residents’ questions.
The www.gogeorge.org.za website provides complete route, fare and trip planning features. GoBot, the GO GEORGE chatbot, is available on WhatsApp at 078 090 6168, and the GO GEORGE Call Centre can be contacted daily (05:00 – 20:00) on 0800 044 044.
GO GEORGE stel roete na Uniondale en omgewing bekend
Uitgereik 16 Oktober 2026
Die Wes-Kaapse regering en George-munisipaliteit het aangekondig dat GO GEORGE op Vrydag 30 Oktober 2026 ‘n roete na Uniondale en omliggende gebiede sal loods. Inwoners van hierdie landelike deel van die George-munisipaliteit het lank vir ’n geskeduleerde busdiens gewag – ’n behoefte wat nou vervul word.
George se uitvoerende burgemeester, raadsheer Browen Johnson, sê die uitrol van die roete is ’n mylpaal vir die hele George-munisipaliteit. “Ons gemeenskappe in Uniondale, Haarlem en die omliggende landelike gebiede het lank gewag vir ’n diens wat hul daaglikse realiteite verstaan. Hierdie roete gaan oor meer as net vervoer — dit gaan oor die skep van geleenthede, die verbetering van toegang en die versekering dat ons landelike gemeenskappe ingesluit voel. Hierdie reis het begin met ‘n versoek van die gemeenskap. Ons het geluister, opgetree deur met Minister Sileku te skakel om ‘n pad vorentoe te ondersoek, en nou lewer ons deur implementering. Ek is ongelooflik trots op die span wie se harde werk en toewyding gehelp het om dit moontlik te maak.”
Die diens sal aanvanklik op Maandae, Woensdae, Vrydae en Saterdae loop. Twee minibusse vertrek om 06:00 uit Uniondale en Haarlem, laai passasiers oor op een bus by die T-aansluiting en doen haltes aan by Avontuur, Noll, Eenzaamheid, Gansekraal, Ezeljacht, Herold en Waboomskraal Die bus arriveer teen ongeveer 08:00 by die George-vervoerkern (Transport Hub) in die middedorp. Die terugrit vertrek om 15:00 vanaf dieselfde punt. Padkonstruksie op die N9-pad mag aankomstye beïnvloed.
Besprekings en tariewe
Besprekings is noodsaaklik en kan gedoen word deur 074 305 4180 te skakel of ’n WhatsApp-boodskap na dié nommer te stuur. Passasiers sonder ’n bespreking kan geakkommodeer word indien daar plek is, maar almal word aangeraai om vooraf te bespreek om teleurstelling te voorkom – die minibus dra slegs 15 passasiers. ’n Klein sleepwa sal beperkte bagasie akkommodeer vir inkopies of persoonlike items.
Tariewe:
• George ↔ Noll: R60
• Haarlem/Uniondale ↔ Noll: R60
• George ↔ Uniondale/Haarlem: R110
’n Retoerrit tussen Uniondale en George kos dus R220 — ’n beduidende besparing vir inwoners vergeleke met ander vervoerdienste.
Unieke uitrol
Volgens Morné Lakay, GO GEORGE-bestuurder, het die ontwikkeling van die diens buite die dorp deeglike beplanning vereis. “Elke aspek van so ’n diens lyk anders as die standaard busdiens in George – van behoeftebepaling, toestemming vir en oprigting van bushaltes, gereeldheid en tydroosters tot ’n nie-elektroniese kaartjiestelsel en kontantbetaling tydens opklim. Ons is telkens terug tekenbord toe en voel nou gereed en lus om die wiele te laat rol,” sê hy.
Die Wes-Kaapse Minister van Mobiliteit, Isaac Sileku, beklemtoon dat die roete ‘n belangrike stap is in die provinsie se verbintenis tot toeganklike en bekostigbare mobiliteit. “Wanneer ons vervoer na afgeleë gemeenskappe uitbrei, bou ons nie net roetes nie – ons bou waardigheid. Hierdie diens is bewys dat die Wes-Kaapse regering luister, leer en saam met gemeenskappe werk om praktiese, veilige en betroubare mobiliteit te skep, maak nie saak waar inwoners woon nie.”
Inligting en ondersteuning
GO GEORGE-passasiersdiensbeamptes sal die betrokke gemeenskappe vooraf besoek om die diens te verduidelik en vrae te beantwoord.
Die webtuiste www.gogeorge.org.za bied volledige roete-, tarief- en ritbeplanningsinligting. GoBot, die GO GEORGE-kletsbot, is op WhatsApp beskikbaar by 078 090 6168, en die GO GEORGE-inbelsentrum kan daagliks tussen 05:00 en 20:00 geskakel word by 0800 044 044.