Uniondale: Waterverkleuring
Uitgereik deur George Munisipaliteit 23 May 2024
Weens onvoorsiene omstandighede is die Uniondale-watersuiweringsaanleg se uitvloeikwaliteit beรฏnvloed met die ongewone lae rouwaterdamvlakke.
Flokkulant-oordrag is opgemerk en die George Munisipale bedrywighede moes die primรชre en sekondรชre sedimentasiedamme by die watersuiweringsaanleg skoonmaak. Dit het daartoe gelei dat water met ‘n hoรซr as normale troebelheid ons drinkwater-opgaarreservoirs binnegekom het, en uiteindelik die waterverspreidingsnetwerk.
George-munisipaliteit kan bevestig dat die water veilig is vir verbruik en die publiek aanraai om die water voor verbruik te kook.
Die instandhouding sal binne die volgende 3 tot 4 uur afgehandel wees waarna die waternetwerk gespoel sal word.
Die waterverkleuring sal oor die volgende paar uur verbeter
โn Watervragmotor sal in die dorpsgebied rondry.