Skip to content Skip to left sidebar Skip to right sidebar Skip to footer

Road upgrades in CBD to affect numerous bus routes

A section of Cradock Street in the central business district is next in line for upgrades as part of the extensive infrastructure improvements currently underway across George. Construction is scheduled to begin on Monday 10 November and is expected to be completed by the end of April 2026.

Cradock Street at Hub to be closed for six months
The section of Cradock Street between Market and Hibernia Streets will be closed for six months during construction. This will affect 13 bus routes that currently use stops around the Transport Hub, as well as the GO GEORGE Info Kiosk and the Smart Card kiosk located inside the Hub. Repairs of facilities and paving within the Hub will also be carried out during this time but will not start immediately. Details of the kiosks’ repositioning will be announced when the time comes.

Affected routes will be rerouted via alternative streets in the CBD, making use of both existing and temporary stops.

Detailed route information available

According to Morné Lakay, GO GEORGE Manager, passengers will be kept well informed about the temporary route changes.
“We aim to minimise inconvenience by making rerouting details easily accessible,” he said. “Our communication champions will be stationed at affected stops ahead of the closure to assist passengers, and posters will guide them to the nearest alternative stop. Throughout the construction period, a Trip Tips flyer with route maps and descriptions will be available on our website at www.gogeorge.org.za.

For help with trip planning, passengers are welcome to phone our Call Centre on 0800 044 044 or follow updates on our Facebook page.”

CAPTION:
The section of Cradock Street passing the George Transport Hub will be closed for six months to accommodate road upgrades.

*********************************************************************

Padopgraderings in middedorp sal talle busroetes beïnvloed

‘n Gedeelte van Cradockstraat in die sentrale sakekern is volgende in die ry vir opgraderings as deel van die uitgebreide infrastruktuurverbeterings wat tans regoor George aan die gang is. Konstruksie is geskeduleer om op Maandag 10 November te begin en sal na verwagting teen einde April 2026 voltooi wees.

Cradockstraat by vervoerkern gesluit vir ses maande
Die gedeelte van Cradockstraat tussen Mark- en Hiberniastraat sal vir ses maande gesluit wees tydens konstruksie. Dit sal 13 busroetes beïnvloed wat tans haltes rondom die vervoerkern (Transport Hub) gebruik, sowel as die GO GEORGE-inligtingskiosk en die Slimkaartkiosk wat binne die vervoerkern geleë is. Herstelwerk aan fasiliteite en plaveisel binne die vervoerkern sal ook gedurende hierdie tyd uitgevoer word, maar sal nie onmiddellik begin nie. Besonderhede van die kiosks se herposisionering sal aangekondig word wanneer die tyd aanbreek.

Geaffekteerde roetes sal via alternatiewe strate in die middestad herlei word, deur gebruik te maak van beide bestaande en tydelike bushaltes.

Gedetailleerde roete-inligting beskikbaar
Volgens Morné Lakay, GO GEORGE-bestuurder, sal passasiers goed ingelig gehou word oor die tydelike roeteveranderings.
“Ons poog om ongerief te verminder deur herleidingsbesonderhede maklik toeganklik te maak,” het hy gesê. “Ons passasiersdiensbeamptes sal voor die sluiting by geaffekteerde haltes gestasioneer wees om passasiers by te staan, en plakkate sal hulle na die naaste alternatiewe halte lei.

Gedurende die konstruksietydperk sal ‘n pamflet met roetekaarte en beskrywings op ons webwerf by www.gogeorge.org.za beskikbaar wees. Vir hulp met ritbeplanning is passasiers welkom om ons inbelsentrum by 0800 044 044 te skakel of die nuutste gebeure op ons Facebook-blad te volg.”

BYSKRIF:
Die gedeelte van Cradockstraat voor die George-vervoerkern sal vir ses maande gesluit wees om padopgraderings te akkommodeer.