Aspiring Mechanics From van Kervel School Tour Megalink Bus Workshop
In the photo: Workshop Manager Botter Lodewyks explains how the bus engines are serviced every four weeks.
A group of final-year learners in mechanical studies from Van Kervel School recently had the opportunity to visit the new Megalink workshop — the hub of mechanical maintenance and repairs for the GO GEORGE bus fleet. Fully operational since 1 September 2024, the new facility features a state-of-the-art vehicle maintenance workshop.
The visit, facilitated by the GO GEORGE communications team as part of a Youth Month outreach, offered a firsthand look at what happens behind the scenes to ensure that the GO GEORGE bus fleet remains operational and in tip-top shape. The learners, many of whom aspire to work on large-scale bus and truck engines, were thrilled to get a glimpse of a potential future workplace.
Led by Workshop Manager Riaan “Botter” Lodewyks, the study tour left a lasting impression. The spotless tool cabinets, gleaming bus engines free of oil stains, and the meticulous maintenance schedule — with every GO GEORGE bus serviced every four weeks — all stood out as highlights. In addition to routine mechanical work, the maintenance process includes thorough bodywork checks, mechanical compliance inspections, and safety protocol verifications. On average, six buses are serviced daily: two minibuses, two midibuses, and two standard buses.
Megalink currently employs 14 local staff members, comprising a workshop manager, administrative personnel, six qualified mechanics, an electrician, a panel beater and seven apprentices. The apprentices, all linked to a register of families or individuals historically impacted by the roll-out of the bus service, are expected to receive their Red Seal certification in July.
VAN KERVEL SKOOL SE VOORNEMENDE WERKTUIGKUNDIGES BESOEK MEGALINK-WERKSWINKEL
’n Groep finalejaar-leerders in meganiese studies van Van Kervel Skool het onlangs die geleentheid gehad om die nuwe Megalink-werkswinkel te besoek — die kern van meganiese instandhouding en herstelwerk vir die GO GEORGE-busvloot. Die nuwe fasiliteit, wat sedert 1 September 2024 ten volle funksioneer, beskik oor ’n moderne instandhoudingswerkswinkel vir voertuie.
Die besoek, gefasiliteer deur die GO GEORGE-kommunikasiespan as deel van Jeugmaand-aktiwiteite, het aan die leerders ’n eerstehandse blik gebied op wat agter die skerms gebeur om te verseker dat die GO GEORGE-busse in werking en in uitstekende toestand bly. Die leerders, van wie ’n paar daarvan droom om eendag aan groot bus- en vragmotorenjins te werk, was opgewonde om ’n voorsmakie van ’n moontlike toekomstige werksomgewing te kry.
Onder leiding van werkswinkelbestuurder Riaan “Botter” Lodewyks, het die studiebesoek ’n blywende indruk gemaak. Die silwerskoon gereedskapskabinette, blink enjins sonder oliekolle en die noukeurige instandhoudingskedule — waar elke GO GEORGE-bus elke vier weke gediens word — was van die hoogtepunte. Benewens roetine-meganiese werk, sluit die instandhoudingsproses deeglike bakwerkkontroles, meganiese nakominginspeksies en verifikasie van veiligheidsprotokol in. Daar word elke dag gemiddeld ses busse gediens: twee minibusse, twee midibusse, en twee standaardbusse.
Megalink het tans 14 plaaslike personeellede in diens. Dit behels ’n werkswinkelbestuurder, administratiewe personeel, ses gekwalifiseerde werktuigkundiges, ’n elektrisiën, ’n paneelklopper en sewe vakleerlinge. Die vakleerlinge, almal gekoppel aan ’n register van families of individue wat histories deur die uitrol van die busdiens geraak is, hoop om hul Rooi Seël-sertifisering in Julie te ontvang.


